Monday, October 18, 2021
HomeCRIMEFOTOS | Vermeende rower by Spar doodgeskiet

FOTOS | Vermeende rower by Spar doodgeskiet

KIMBERLEY. – ’n Vermeende rower is pas by die Monument Spar doodgeskiet.

Paramedici het gespartel om die man se lewe te red nadat hy glo deur een van die winkels se eienaar geskiet is. Drie verdagtes het glo een van die winkels in die Spar-sentrum probeer roof, sê ‘n omstander.

Mariese Kiesman, ’n omstander wat inkopies by Spar gedoen het, sê sy het die hele voorval gesien.

“Daar was drie mans. Hulle het verby my gehardloop. Ek het ’n skoot gehoor en gesien hoe een grond toe gaan. Dit is ’n oom wat hom geskiet het. Hulle het die juweelwinkel probeer beroof. Hulle het die oom met ’n wapen gedreig.”

FiND iT het navraag by die polisie gedoen en wag op kommentaar.

RELATED ARTICLES
- Advertisment -

Most Popular