Home CRIME Jong Man Dood Geskiet Na MotorOngeluk

Jong Man Dood Geskiet Na MotorOngeluk

240

n Onskuldige jong man, Kyle Venter (20) van Bergvliet in Kaapstad, is na ‘n botsing, koelbloedig doodgeskiet, in die swart lokasie van Philippi-Oos, maar niks is gesteel nie. Moet ons aanvaar dat dit net omdat hy ‘n wit man was, wat alleen in ‘n swart plakkerskamp gevang is, want, kom ons wees eerlik, blankes waag hul lewens om by die swart lokasies in te gaan, maar dit word nooit bespreek nie. Swartes aan die anderkant, kan na willekeur deur meestal blanke buurte gaan.

Kyle het by ‘n konstruksiemaatskappy gewerk en was op Woensdag 12 Mei omstreeks 15:45 in die omgewing besig met aflewerings. Op die hoek van Stockweg- en Symphony-pad het ‘n voertuig agter in Kyle se Hyundai 120 vasgery.

Kyle se oupa, Andre Venter, het aan Netwerk24 gesê dat Kyle toe summier doodgeskiet is. Volgens sy oupa is niks uit Kyle se motor gesteel nie. Die polisie het bevestig dat dit moord was.

%d bloggers like this: